Oor ons - kwaliteit, diens en ongelooflike waarde
Specs4U is 'n familie praktyk waar die verbruiker altyd no1 is.
Specs4U het in 2005 begin met die doel om dinamiese praktyke te vestig, waar die verbruiker uitstekende kwaliteit en persoonlike diens teen n uitmuntende prys kan kry. Specs4U gebruik geen verkoopsfoefies om pasiente te lok nie. Die prys wat vir 'n spesifieke produk adverteer word, is die prys wat die pasient kan verwag om te betaal.
Die oogkundige, of brilbedryf word al vir dekades beskuldig dat pryse glad nie markverwant is nie. Specs4U is met presies hierdie motivering as dryfveer begin.
Ons het besef dat indien ons baie kompeterend wil meeding, ons die middelmanne moet uitsny. Daarom behartig ons self produksie en invoere.
Sodoende kan ons sekere produkte tot 70% goedkoper aan die verbruiker verskaf.
Specs4U het duisende rame om van te kies, waaronder verskeie bekende handelsname soos Nike, Adidas, Tommy Hillfiger, Prince, Celine Dion en vele meer.
Alle rame het ten minste een jaar waarborg en word onmiddelik vervang indien fabrieksfoute identifiseer word. Ons gebruik net die hoogste gehalte optiese lense, en geen generiese lense nie, sodat ons totale tevredenheid kan waarborg.
Specs4U se oogkundiges en brilopmakers streef daarna om vir elke pasient die bril te gee wat spesifiek by die individu pas. Om dit te doen moet elke pasient se leefstyl, beroep, sport en selfs stokperdjies in ag geneem word. Ons brilopmakers sal u bril en lense sorgvuldig aan u verduidelik sodat dit geskik sal wees vir u spesifieke leefstyl en belangstellings.
Specs4U het sy eie optiese laboratorium waar gekwalifiseerde tegnikuste en brilopmakers u bril met vaardighied en kundigheid vervaardig. Ons spesialiseer daarin om vir u die dunste en ligste lense moontlik te gee.
By Specs4U is ons verbind tot kwaliteit, diens en ongelooflike waarde.

